ACVV Malmesbury hou sy jaarvergadering op Dinsdag 9 Mei 2023 om
18:00 in die NG-kerksaal Swartland-Noord in Bergzichtstraat 40.

Die ACVV bestuurslede en ACVV projekte sal bekend gestel word. Hulle sal ook inligting deel oor
die spesiale dienste wat die ACVV bied. Liezel Meintjes, ACVV se direkteur,
sal die spreker wees.

Die ACVV wil baie
graag ‘n spesiale geleentheid daarvan maak en nooi dus enige belangstellendes na die vergadering.

Kontak gerus vir
Amanda Walters by 022 482 2245 of epos acvvmalmesbury@telkomsa.net met enige navrae of om jou plek te bespreek.

Bevestig voor Maandag 8 Mei om 12:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article