Hoërskool Witteberg, Bethlehem, kondig met trots aan dat Hanré Dreyer die besondere eer te beurt geval het om Suid-Afrika te verteenwoordig. Hanré is gekies om by die 14de Wêreld Karatekampioenskappe deel te neem. Dit vind plaas van 14 tot 18 Oktober 2026 in Bielsko-Biała, Pole.

Hierdie prestasie beklemtoon Hanré se toewyding en talent. Die skoolgemeenskap sien met groot verwagting uit om hom op die internasionale verhoog te sien meeding.

Benewens sy deelname aan die wêreldkampioenskappe, gaan Hanré Dreyer ook van 9 tot 11 Oktober sy 2de swartbeltgradering (Ni Dan) aanpak. Dit vind plaas tydens die JKS Suid-Afrika Nasionale Gradering en Gasshuku in Port Edward.

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article