Die graad 9-Tegnologieleerders van Merensky Landbou Akademie het op 17 September hul teoretiese kennis omskep in praktiese sukses. Hulle moes hul kreatiwiteit en vaardigheid ten toon stel toe hulle hul eie gloeilampprojekte in Die Byekorf eiehandig gebou het.
Die gloeilampprojekte het van die leerders vereis om die volledige ontwerpproses van A tot Z te deurloop. Dit het begin met die identifisering van ’n spesifieke probleem en grondige navorsing. Daarna is verskeie kreatiewe idees op die proef gestel om die beste moontlike oplossing te vind. Die leerders moes vervolgens ’n werkende prototipe bou. Dit moes deeglik getoets en geëvalueer word, en hul eindproduk moes voor hul medeleerders en onderwysers aangebied word.




Hierdie praktiese taak het die Plasies ’n waardevolle geleentheid gebied om die teorie wat hulle in die klaskamer aangeleer het, met hul eie hande toe te pas en te sien hoe hul idees letterlik vorm aanneem.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.