Hoërskool Langenhoven, Riversdal, is trots om die uitstaande prestasie van Louis Geldenhuys aan te kondig. Hy het deelgeneem aan die gesogte ASSA South African Mathematics Team Competition, wat op 19 September 2026 by die Universiteit Stellenbosch aangebied is.

Louis is gekies as lid van die Boland Wiskundespan en het ná die eerste vraestel verder gekwalifiseer vir die Boland se eerstespan. Hierdie span het met glans presteer en ’n indrukwekkende 4de plek nasionaal behaal uit sowat 30 spanne van regoor Suid-Afrika.

Die kompetisie bring die land se beste jong wiskundiges bymekaar om hul kennis, probleemoplossingsvermoë en spanwerk te toets. Louis se deelname en sy span se prestasie is ’n bewys van sy harde werk, toewyding en passie vir Wiskunde.

Louis is ’n ware ambassadeur van die skool en ’n inspirasie vir sy medeleerders.

https://langenhovenhs.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article