Wildeklawer Netbaltoernooi - Primêre Meisieskool Oranje
Wildeklawer Netbaltoernooi – Primêre Meisieskool Oranje

Wildeklawer Netbaltoernooi – Primêre Meisieskool Oranje


Wildeklawer Netbaltoernooi. Die o.13A netbalspan van Primêre Meisieskool Oranje het vanaf 23 tot 26 April aan die Wildeklawer netbaltoernooi deelgeneem in Kimberley.

In die uitspeel rondtes het die span 7 wedstryde gespeel waarvan hulle 6 gewen het. Daarna dring die span deur na die semi-finaal teen Menlopark.

Ongelukkig het hulle hierdie wedstryd verloor met 6-11. In die uitspeel vir derde- en vierde plek het OMS teen Fairland Laerskool vasgeval en eindig vierde uit sestien skole.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article