“Well Done”-funksie - Hoërskool Hoopstad personeel skitter
“Well Done”-funksie – Hoërskool Hoopstad personeel skitter

“Well Done”-funksie – Hoërskool Hoopstad personeel skitter


“Well Done”-funksie. Hoërskool Hoopstad vier uitnemendheid!

Baie geluk aan Hoopies se toegewyde personeel wat tydens die “Well Done”-funksie in Welkom met pragtige toekennings per vak vereer is. Jul passie, toewyding en harde werk maak ’n verskil – ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Vakprestasies in die Lejweleputswa Distrik:

  • Juffrou Norma Booysen (Wiskunde Geletterdheid) – 3de plek
  • Meneer Etienne Viljoen (Landbou Bestuurspraktyke) – 3de plek
  • Juffrou Judy Viljoen (Rekeningkunde) – 2de plek
  • Juffrou Jo-Mari de Koker (Afrikaans Huistaal) – 2de plek
  • Juffrou Marisda van der Walt (Landbou Tegnologie) – 1ste plek
  • Meneer Herman Visser (Landbou Tegnologie) – 1ste plek
  • Juffrou Annalet Buys (Verbruikerstudie) – 1ste plek
  • Juffrou Leonie Naude (Wiskunde) – 1ste plek
  • Juffrou Louise Visser (Fisiese Wetenskap) – 1ste plek
  • Juffrou Antoinette Jacobs (RTT) – 1ste plek
  • Juffrou Liza-Mari Louw (RTT) – 1ste plek

🏆 Verdere Toekennings:

  • 100% Slaagsyfer vir 40 agtereenvolgende jare – ’n merkwaardige prestasie!
  • “Gold School” – een van slegs twee skole met ’n volgehoue 100% slaagsyfer.
  • “Diamond Club” – vir skole met 90–99% slaagsyfer en 60% Bachelors. Hoopies se matrieks van 2025 het met 100% slaagsyfer én 100% met universiteitvrystelling geslaag.

Hoopies, julle stel die standaard van uitnemendheid. Die skool is trots op elke onderwyser en leerder – “saam bou ons ’n nalatenskap van prestasie!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hshoopstad.com/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article