Vrystaat netbalkampioenskappe. Tydens die afgelope naweek se Vrystaat Netbalkampioenskappe in Bloemfontein het beide Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste en o/15A netbalspanne, om te midde van strawwe kompetisie, hul man te staan.

Dit is veral BVHS se 1ste netbalspan wat beïndruk het by die Vrystaat netbalkampioenskappe deur tweede in hul poelwedstryde te eindig en deur te dring na die semi-finale. In ‘n naelbytwedstryd waarin Voortrekker 3 van die 4 kwarte voor geloop het, moes hul uiteindelik die knie buig voor die sterk span van Sekondêre Meisieskool Oranje. In hul finale uitspeelwedstryd vir 3/4de plek, het Voortrekker se span ongelukkig met een punt verloor teen Witteberg. Die aanloop en uitslae in hul moeilike poel, was egter ‘n geringe troos vir die span wat die afgelope seisoen sover onoorwonne was.

Uitslae van die o/19 DSTV-kampioenskappe:

Wen 42-16 vs Hoërskool Trio
Wen 21-13 vs Hoërskool Sentraal
Verloor 25-32 vs Hoërskool Jim Fouché
Wen 29-15 vs Welkom Gimnasium
Verloor 20-24 vs Sekondëre Meisieskool Oranje
Verloor 28-29 vs Hoërskool Witteberg – uitspeel
O/15 Motsepe cup:
  • Verloor 12-15 vs Hoërskool Trio
  • Verloor 2-17 vs Hoërskool Jim Fouché
  • Verloor 4-21 vs Hoërskool Sentraal
  • Wen 22-17 vs Welkom Gimnasium
Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article