Bethlehem – BVHS het ’n gedenkwaardige aand aangebied waar uitmuntende leerders vereer is vir hul buitengewone prestasies in 2026. Hierdie viering het die skool se trots en waardering vir talent, toewyding en leierskap onderstreep.

Sportvrou van die Jaar:

  • Simonè Pretorius – SA Biathlé span
  • Sipho Msimanga – SA Top 12 o.17 Netbalspan

Sportman van die Jaar:

  • Dehan Cilliers – Brons spanmedalje (vier km by SA’s); sewende plek by COSSASA Internasionale Spele in Zimbabwe; Tweede plek by SA Street Mile; lid van SA Biathlé‑ en Atletiekspan.

Kultuur:

  • Pieter Paiva – Kultuurseun

Spesiale Toekennings:

  • Johan Blignaut – Floating Trophy (Seuns)
  • Lisa Rautenbach – Toekenning vir matriekleerling wat uitblink in sport, akademie, kultuur en leierskap. Brummer – Beker: Matriekdogter wat deur veelsydige sportprestasie die beeld van die skool bevorder het.
  • Lourens Roux – Toekenning vir Matriekseun met besondere sportbydrae
  • Jonathan Purchase – Toekenning vir die leerder wat met empatie sy of haar medemens ondersteun en daardeur ‘n positiewe ambassadeur vir Voortrekker is. Matriekseun wat in sy skoolloopbaan deur besondere prestasie en veelsydigheid op sportgebied ‘n positiewe bydrae gelewer het om die beeld en goeie naam van die skool te bevorder. Spesiale toekenning: Michelle van Huyssteen-Trust asook die Johan en Gert Claasen-beker.
  • Maja Botha – Matriekdogter met ‘n veelsydige sportbydrae om die beeld van die skool te bevorder. Sy het ook ‘n spesiale toekenning, die Herka Erkentlikheidstrofee, ontvang.
  • Danie Janse van Vuuren – leerling wat die beste vordering in 2026 getoon het asook goeie potensiaal. Danie het die Gideon & Esther Knobel Verdienstelikheidsbeker ontvang.

Hierdie toekennings beklemtoon die uitnemendheid en veelsydigheid van BVHS‑leerders en dien as inspirasie vir die hele skoolgemeenskap.

https://voortrekker.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article