Vrystaat Netbalkampioenskappe 2024. Al Vyf A-netbalspanne van Sekondêre Meisieskool Oranje het hul wedstryde tydens die Vrystaat Netbalkampioenskappe 2024 gewen. Al vyf kwalifiseer dus vir die Suid-Afrikaanse Netbal Kampioenskappe!

Die o.17A-, o.16A- en o.14A-netbalspanne van Oranje is Saterdag as Vrystaatkampioene gekroon en het sodoende vir die SA’s gekwalifiseer.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar waarin al vyf A-spanne die topspan in die Vrystaat is. Die o.19A’s en o.14A’s het verlede naweek ook koning gekraai in hul wedstryde by die Vrystaat Netbalkampioenskappe.
 o.17A uitslae:
  • Wen 21-11 teen Hoërskool Goudveld van Welkom
  • Wen 19-4 teen Hoërskool Trio van Kroonstad
  • Wen 16-11 teen Hoërskool Sentraal
  • Wen 12-16 teen Welkom Gimnasium
o.16A uitslae:
  • Wen 17-8 teen Hoërskool Wilgerivier van Frankfort
  • Wen 14-12 teen Hoërskool Jim Fouché
  • Wen 29-9 teen Hoërskool Trio
  • Wen 16-3 teen Hoërskool Goudveld
  • Wen 27-14 teen Welkom Gimnasium
  • Gelykop 11-11 teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool
o.14A uitslae:
  • Wen 18-12 teen Hoërskool Witteberg van Bethlehem
  • Wen 20-5 teen Hoërskool Trio
  • Wen 21-6 teen Welkom Gimnasium
  • Wen 22-7 teen Hoërskool Fichardtpark (halfeind)
  • Wen 21-16 teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool (eindstryd)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article