Vriendskaplike Tenniswedstryde – Merensky Landbou Akademie se tennisspelers het die laaste week van Mei 2025 aan twee vriendskaplike tenniswedstryddae deelgeneem. Hulle het op 28 Mei gespeel teen Standford Lake College en op 31 Mei teen Mitchell House.

28 Mei – Standford Lake College

Plasies se tweede span het die uitdaging teen Stanford se eerste span aangevat op hul tuisveld. Altesaam 12 wedstryde is gespeel – agt enkels en vier dubbels. Merensky het vier van die enkels en een dubbels gewen, wat die algehele uitslag 5-7 maak in Stanford se guns.

’n Hoogtepunt van die dag was Ilana Lubbe se merkwaardige terugkeer – nadat sy 0-2 agter was in haar enkelswedstryd, het sy vasberade teruggeveg om met 5-4 te seëvier.

31 Mei – Mitchell House

Die eerste span het op eie bodem hul staal gewys in ’n reeks vriendskaplike tenniswedstryde teen Mitchell House – en met oortuiging elke afdeling oorheers.

Die uitslae was as volg:

  • Enkels: 8/8 gewen
  • Dubbels: 4/4 gewen
  • Gemengde dubbels: 4/4 gewen

Met hierdie momentum sien die Plasie-tennisspelers uit na die volgende uitdagings ná die vakansie met wedstryde teen Zwartkop en Hoërskool Randburg op 26 en 27 Julie.

Vriendskaplike Tenniswedstryde - Merensky Landbou Akademie
Vriendskaplike Tenniswedstryde - Merensky Landbou Akademie
Vriendskaplike Tenniswedstryde - Merensky Landbou Akademie
Vriendskaplike Tenniswedstryde - Merensky Landbou Akademie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.plasies.co.za/

Foto’s verskaf deur: Marcia Scheepers en Ankia Botha

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article