Valia Swem 2026 - Hoërskool Transvalia na streek en nasionaal
Valia Swem 2026 – Hoërskool Transvalia na streek en nasionaal

Valia Swem 2026 – Hoërskool Transvalia na streek en nasionaal


Valia Swem 2026. Hoërskool Transvalia, Vanderbijlpark, is ongelooflik trots op vier van hul leerders wat binnekort die Valia-naam op streek- en nasionale vlak gaan uitdra:

🔹 Zaan Oosthuizen – neem van 21–25 Maart in Port Elizabeth deel aan die SANJ Nasionale Kampioenskappe.

🔹 Jo-Anne van Dyk – neem van 23–26 Maart in Limpopo deel aan die II Nasionale Kampioenskappe.

🔹 Johan Nel en Mieka Jansen van Rensburg – neem van 30 Maart–2 April in Johannesburg (Deville) deel aan die ‘Level 2 Regional Age Group’ Kampioenskappe.

Valia wens elkeen van julle baie sterkte toe met julle onderskeie byeenkomste. Julle harde werk en toewyding maak jul skool trots – hou die Valia-naam hoog!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article