Interhoër Tennistoernooi - Hoërskool Linden presteer
Interhoër Tennistoernooi – Hoërskool Linden presteer

Interhoër Tennistoernooi – Hoërskool Linden presteer


Interhoër Tennistoernooi. Hoërskool Linden, Randburg, se Senior Tennisseuns het die skool se naam met trots hoog gehou tydens die jaarlikse Interhoër Tennistoernooi. Die toernooi het Saterdag, 7 Maart, plaasgevind. Met 22 deelnemende skole se beste senior-tennisspelers op die baan, het die Lindenspan kragtig meegeding en hul staal gewys.

Louis Holtzhausen, Stephan Nel, Kyle Pienaar, Liam Poustie en Danru Pretorius het met vasberadenheid en uitstekende spel die semi-finaal bereik, waar hulle naelskraap die knie moes buig. Hul volgehoue prestasie het egter ’n pragtige algehele 4de plek vir Linden verseker – ’n prestasie wat groot lof verdien.

Welgedaan, manne – Linden is ongelooflik trots op julle!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article