Vanderbijlpark, Gauteng – Hoërskool Transvalia se o.14-krieketspan het op Donderdag, 29 Oktober, hul ligaveldtog met ’n hoogtepunt afgesluit. Valia het ’n welverdiende oorwinning van 15 lopies behaal teen Heidelberg Volkskool in ’n opwindende wegwedstryd.
Nadat Valia eerste gekolf het, het die span ’n sterk totaal van 144/6 in hul 20 boulbeurte aangeteken. Ruach Smith was die steunpilaar van die beurt. Hy het met ’n uitstekende telling van 52 lopies vanaf 60 balle die grondslag vir die span se sukses gelê.
Heidelberg Volkskool het dapper teruggeveg, maar kon slegs 129/7 in 20 boulbeurte aanteken. Valia se boulers het deurgaans druk toegepas. Riegardt Furter het besonder beïndruk deur 4 paaltjies vir slegs 15 lopies te neem. Sodoende het hy ’n sleutelrol in Valia se oorwinning gespeel.
Die wedstryd was ’n gepaste afsluiting van die liga-seisoen. Dit was ’n toonbeeld van die talent, sportmangees en deursettingsvermoë wat beide skole deurentyd vertoon het.
Hoërskool Transvalia bewys hul krag deur hul prestasie as wenners van die o.14-liga. Valia wens die span en afrigters van Volkies hartlik geluk met ’n uitstekende seisoen.

Die geleentheid was ook besonder betekenisvol aangesien dit die laaste krieketwedstryd by Heidelberg Volkskool was vir mnr. Neels de Villiers. Hoërskool Transvalia bring graag hulde aan sy toewyding en bydrae tot skolesport oor vele jare. “Ons spreek ons opregte dank uit en wens hom God se rykste seën en voorspoed toe vir die nuwe hoofstuk wat voorlê.”
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.