Valia Fietsry 2026 - Skitterende prestasie vir Hoërskool Transvalia
Valia Fietsry 2026 – Skitterende prestasie vir Hoërskool Transvalia

Valia Fietsry 2026 – Skitterende prestasie vir Hoërskool Transvalia


Valia Fietsry 2026. Skitterende prestasie op die pad!

Die nuwe jaar het skaars begin, en reeds het een van Hoërskool Transvalia se ster-atlete die Valia-vlag hoog laat wapper!

Baie geluk aan Shanique Marx wat op 17 Januarie aan die Inter-Provinsiale Gauteng-kampioenskappe deelgeneem het en met ongelooflike resultate huis-toe gekom het:

  • 1ste Plek in die “Time Trial-afdeling” – Goue medalje!
  • 3de Plek in die uitdagende 94km-padwedren – met ’n ‘naelloop-afwerking’ wat die toeskouers op hul voete gehad het!

Shanique, jou deursettingsvermoë, passie en harde werk inspireer nie net jou spanmaats nie, maar die hele Transvalia-familie. Ons is uiters trots op jou en wens jou alle sukses toe vir die res van die seisoen.

Hou aan om die pad te verower – ‘n goue toekoms wink vir jou! 🌟🚴‍♀️

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article