Tweekamp-Liga - Welkom Gimnasium trots op Shyenne Loubscher
Tweekamp-Liga – Welkom Gimnasium trots op Shyenne Loubscher

Tweekamp-Liga – Welkom Gimnasium trots op Shyenne Loubscher


Tweekamp-Liga. Welkom Gimnasium vier ’n kampioen! 🌟

Op 13 November het Shyenne Loubscher (17) met ongelooflike vasberadenheid en talent deelgeneem aan die Tweekamp-Liga in Kroonstad. Hierdie uitdagende kompetisie toets beide uithouvermoë en vaardigheid in hardloop én swem – en Shyenne het in albei dissiplines uitgestaan.

Hardloop

  • Tyd: 3:29.97
  • Punte: 928.06
  • Posisie: 1ste

Swem

  • Tyd: 1:15.94
  • Punte: 990.30
  • Posisie: 1ste

Totale punte: 1918.36Noord-Vrystaat posisie Dogters o/19: 1ste

Met hierdie prestasie het Shyenne nie net haar skool se naam hoog gehou nie, maar ook bewys dat harde werk, toewyding en passie tot goud lei.

👏 Gimmies is ongelooflik trots op jou, Shyenne – jy is ’n ware inspirasie vir jou span en jou skool!

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://welkom-gimnasium.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article