Tienertoneeltalent - Durban ATKV-Streeksfees
Tienertoneeltalent – Durban ATKV-Streeksfees

Tienertoneeltalent – Durban ATKV-Streeksfees


Tienertoneeltalent. Die 60ste ATKV-Tienertoneel het vandeesweek in Durban afgeskop en het simbioties feesgevier. Nie minder nie as 281 tieners het in tien produksies hul stories simbioties op die Playhouse Theatre-verhoog in Durban vertel.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.

Die mentorbeoordelaars tydens die Durban-streeksfees vanaf 18 tot 20 Julie was Donovan Pietersen, Marlo Minnaar, Jacques Bessenger en Wilhelm van der Walt.

Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid gekry om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.

Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 20 Julie bekendgemaak.

Beste beligtingsoperateur

Naam en vanProduksieSkool
Jayden PerkinKom ons speelKuswag Skool
Monique LuusDie SeweHoërskool Ferrum
Monique LuusOntwortelHoërskool Ferrum

Die Wenner:

Nominasies:

Naam en vanProduksieSkool
Monique Luus en Lize MunroAfrika-Aanse MuseumGelofte Skool
Adelia van der Merwe’n Malhuis vir ontbytHoërskool Richardsbaai
Amy-Lee Jones en Danielle OosthuizenSaboteurKuswag Skool

Wenner: Megan Murray en Lize Munro, Afrika-Aanse Museum, Gelofte Skool.

Beste hantering van tegniese aspekteWenner:

Beste akteur in ‘n ondersteunende rol Wenner:

Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol:

Nominasies:

Naam en vanProduksieSkool
Marizé Oosthuizen as LillyKom ons speelKuswag Skool
Lizmia Roberts as die Afghani-vrouLiquefacio Lux HominumPort Natal Skool
Micke Hannay as die verhoogbestuurderSaboteurKuswag Skool

Wenner: Marizé Oosthuizen as Lilly, Kom ons speel, Kuswag Skool

Beste akteur in ‘n hoofrol:

Naam en vanProduksieSkool
Henko de Goede as LouwKom ons speelKuswag Skool
Kamvelihle Mncayi as Soldaat 1Liquefacio Lux HominumPort Natal Skool
Pieter van Romburgh as AlfredSaboteurKuswag Skool

Wenner:

Beste aktrise in hoofrol

Wenner:

Beste ensemble

Nominasies:

ProduksieSkool
TeaterspookKuswag Skool
’n Meisie moetKuswag Skool
SaboteurKuswag Skool
OntwortelHoërskool Ferrum

Wenner:

Beste regisseur

Wenner:

Beste produksie

Wenner:

ATKV-Tienertoneel is hierdie week (22 tot 27 Julie) in Pretoria by die UNISA Little Theatre vir Gauteng se eerste streeksfees om die tieners se simbiotiese werk te mentor en te vier.

Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article