KAAPSTAD – Hoërskool Stellenberg se atletiekspan het ‘n uitstekende vertoning gelewer tydens Curro Podium Suid 2026, waar die skool algeheel vyfde geëindig het. Hierdie prestasie verteenwoordig ‘n betekenisvolle verbetering op die span se vorige uitslae, nadat Stellenberg in 2024 sewende en in 2025 agtste geëindig het.
Die skool se dogterspan het besonder sterk gevaar deur sesde in die dogtersafdeling te eindig, terwyl die seunspan ‘n verdienstelike negende plek in die seunsafdeling behaal het. Die resultaat bevestig die groeiende sterkte en diepte van Stellenberg se atletiekprogram.
Stellenberg A het gedurende die byeenkoms agt medaljes ingepalm en verskeie uitstaande individuele prestasies gelewer.
Meer as 800 ASA-punte behaal
- Aneeq Salie met 924 punte in die 400 m en 827 punte in die 200 m.
- Cassie van Heerden met 889 punte in die 3 000 m.
- Juane Meiring het 875 punte in spiesgooi behaal.
- Ben Warnich met 861 punte in die 400 m.
- AnneBelle Fourie het 850 punte in die 400 m.
- Qaniah Salie het 843 punte in die 400 m.
- Ava-Jane Visser het 838 punte in die 200 m en 830 punte in verspring.
- Alex Pienaar met 834 punte in gewigstoot.
- Carina Thomas behaal 828 punte in die 400 m en 801 punte in die 100 m.
- Nina Kotze het 817 punte in die 800 m.
Ook Stellenberg B het uitstekende individuele prestasies opgelewer, met die volgende atlete wat die 800 ASA-punte-merk oorskry het:
- Jenna Bart met 883 punte in diskus.
- Nina Smook met 844 punte in die 3 000 m.
- Liam Burden met 821 punte in diskus.
- Elle Smook met 809 punte in die 3 000 m.



Hierdie uitslae getuig van die harde werk, toewyding en talent van Stellenberg se atlete en afrigters. Die skool is besonder trots op elke deelnemer wat bygedra het tot een van die beste Podium Suid-vertonings in die afgelope drie jaar.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.