Drie rugbyhelde van Hoërskool SPS Brandfort se trots sal sorg vir Brandfort-opwinding op die Barbarian Rugbyveld gedurende die skool-vakansie. Brian van Rensburg, Stephan Komen en Ruben Rautenbach is gekies vir die VKB Gekombineerde Skole Barbarians span.
Hulle gaan van 3 tot 8 Julie in Reitz deelneem aan die VKB Platteland Rugbyweek — ’n groot geleentheid waar talent en toewyding op ’n nasionale verhoog getoets word.
Die hele Brandfort‑gemeenskap staan agter julle! Sterkte manne, speel met passie en geniet elke oomblik van hierdie besondere ervaring!






