24SumMore-wiskunde: Breinkrag en pret. By Laerskool Wierdapark het die graad 4- tot 6-leerders hul wiskundige vernuf behoorlik op die proef gestel tydens die opwindende 24SumMore-wiskunde uitdaging.
Die kompetisie verander die persepsie van wiskunde van ‘n “moeilike vak” na ‘n opwindende uitdaging. Leerders leer dat hulle kan uitblink en dat dit lekker is om probleme op te los.
Leerders kry kaartjies met vier getalle en moet dit in ‘n berekening kombineer wat presies 24 uitmaak. Met vinnige denke, slim strategieë en blitsige vingers moes elke deelnemer al vier getalle op ‘n kaart gebruik om presies by 24 uit te kom.
Wie sê wiskunde kan nie spannend wees nie? By Laerskool Wierdapark is dit beslis ‘n avontuur! Dit was kopkrap, berekeninge en gesonde kompetisie op sy beste!


Na ‘n spannende rondte is die top-10 leerders gekies, wat mekaar in ‘n finale stryd die stryd aangesê het. Uiteindelik het twee sterre helder geblink: Jordan Opperman en Simon Barkhuizen is as die algehele wenners gekroon!
Wiedas is lief vir akademie!







You must be logged in to post a comment.