Skolekrieket in Dubai - Klerksdorp Hoërskool
Skolekrieket in Dubai – Klerksdorp Hoërskool

Skolekrieket in Dubai – Klerksdorp Hoërskool


Skolekrieket in Dubai. Drie krieketspelers van Klerksdorp Hoërskool het onlangs in Dubai krieket gespeel.

Die bekende Suid-Afrikaanse krieketspeler, Imran Tahir, was ook tydens die wedstryde teenwoordig.

Die seuns het uitstekend gevaar in die wedstryde wat in die vorm van T20 en 25-beurtwedstryde aangebied is.

Beste kolftellings:

  • Marko du Plooy: 28 lopies van 19 balle
  • Kelvin du Plooy: 31 lopies van 32 balle
  • Johandre Ackerman: 32 lopies van 32 balle

Beste boulsyfers:

  • Marko du Plooy: 1 paaltjie vir 17 lopies in 4 beurte
  • Kelvin du Plooy: 2 paaltjies vir 24 lopies in 3 beurte
  • Johandre Ackerman: 4 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte

Die toer was ’n waardevolle ervaring vir die spelers en het hulle die geleentheid gebied om hul talent op ’n internasionale verhoog te wys.

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsklerksdorp.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article