Skitterende matriekuitslae 2025 - Hoërskool Fichardtpark
Skitterende matriekuitslae 2025 – Hoërskool Fichardtpark

Skitterende matriekuitslae 2025 – Hoërskool Fichardtpark


Skitterende matriekuitslae 2025. Baie geluk aan al die matriekleerders van 2025 met jul uitmuntende prestasies en talle onderskeidings! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ryklik beloon.

Hoogtepunte van die uitslae

  • 97,3% toelating tot graad- en diplomastudies
  • 98,9% algehele slaagsyfer

Hierdie uitslae getuig van die kwaliteit onderrig en die leerders se toewyding aan akademiese uitnemendheid.

Toppresteerders van Fichies

  • Christiaan Kotzé – 8 onderskeidings
  • Melissa Beling – 6 onderskeidings
  • Lydia Jaquire – 6 onderskeidings
  • Marli Venter – 6 onderskeidings
  • Rikus Badenhorst – 5 onderskeidings
  • Tienike Fick – 5 onderskeidings
  • Moratuwa Makae – 5 onderskeidings
  • Miguel Ribeiro – 5 onderskeidings
  • Iané van Heerden – 5 onderskeidings
  • Lanché Prinsloo – 4 onderskeidings
  • Chanté Swanepoel – 4 onderskeidings
  • Marné van der Walt – 4 onderskeidings
  • Marine Viljoen – 4 onderskeidings

Hoërskool Fichardtpark is ongelooflik trots op elke leerder. Julle het nie net akademiese uitnemendheid bereik nie, maar ook ’n sterk fondament gelê vir die toekoms. Mag hierdie prestasies die begin wees van nog vele suksesse!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article