Pretoria – Die Gereformeerde Skool Dirk Postma het ’n merkwaardige prestasie behaal tydens die 2026 Nasionale Rapportyers-Bybelvasvra. Drie van hul hoërskoolspanne het onderskeidelik die eerste, tweede en vierde plek in die hoërskoolafdeling verower.
Die kompetisie bied leerders die geleentheid om hul Bybelkennis te verdiep en saam te werk in die voorbereiding vir die uitdunrondtes en die nasionale finaal. Die spanne is met toewyding afgerig deur Lientjie Drijfhout, met ondersteuning van en Jokie Boshoff.
Hoewel die uitslae ’n besondere prestasie vir die skoolgemeenskap is, lê die ware waarde van die Bybelvasvra dieper. Dit is ‘n die geleentheid om die Woord van God deeglik te bestudeer en jongmense aan te moedig om dit in hul lewens te laat wortelskiet en vrug dra.
Die wisseltrofee van die kompetisie beklemtoon die sentrale plek van die Bybel en die belangrikheid daarvan vir die vorming van Dirk Postma se jong gelowiges. Hierdie prestasie is ’n bewys van die leerders en afrigters se toewyding en voorbereiding aan die Bybelvasvra.

Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.