Seunshokkie liga. Op Woensdag, 6 Maart, het Hoërskool Ermelo se seunshokkie liga begin. EHS se eerste teenstanders was Hoërskool Standerton.

Ongelukkig het die o.16-span 1 – 5 teen Standerton vasgeval. Dian van Aarde het EHS se doel geskiet.

Die Hoërskool Ermelo eerste span seunshokkie span het hulle wedstryd 4 – 2 gewen.  Die doelskieters is SS Cilliers, Greghan Groenewald, Victor Burgers en Stiaan van den Heever – ’n goeie wegspring vir die seisoen!

Van links: JF Möller, Thapelo Mokoena, SS Cilliers

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article