Seunshokkie 5’s-toernooi - Hoërskool Ermelo
Seunshokkie 5’s-toernooi – Hoërskool Ermelo

Seunshokkie 5’s-toernooi – Hoërskool Ermelo


Seunshokkie 5’s-toernooi. Foto: Mnr Divan Liebenberg, Mpilo Mbingo, Thapelo Mokoena, Paul Snyman,  Willem Jacobsz,  Victor Burgers, Nathan Herbst, Marthinus Scheepers.

Twee van Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne het 6 en 7 September aan die Penryn College se Belgotex Seunshokkie 5’s-toernooi deelgeneem.

Die uitslae behaal:

O.15-span:

  • EHS 0 – 7 Hoërskool Nelspruit
  • EHS 2 – 5 Penryn
  • EHS 0 – 8 Hoërskool Secunda
  • EHS 2 – 4 Rob Ferreira (semi-finaal)
  • EHS 2 – 7 Penryn (Finaal)

Die o.15’s eindig agtste in toernooi.

O.17-span:

  • EHS 2 – 2 Hoërskool Nelspruit
  • EHS 3 – 4 Rob Ferreira
  • EHS 2 – 3 HTS Witbank

Die semi-finaal teen Hoërskool Nelspruit 2: eindig twee elk. 8 Seconds eindig met een elk en in Sudden Death wen EHS die stryd. Nathan Herbst skiet albei die laasgenoemde doele.

  • EHS 1 – 3 Rob Ferreira (Finaal)

Die o.17-span eindig sesde in toernooi.

Nathan Herbst het ‘n rugsak ontvang vir die beste vaardighede tydens ‘n vaardigheidskompetisie vanuit al die spanne by die toernooi.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article