Ses landloop atlete van Hoërskool Linden kwalifiseer vir D10
Ses landloop atlete van Hoërskool Linden kwalifiseer vir D10

Ses landloop atlete van Hoërskool Linden kwalifiseer vir D10


Op 19 Augustus 2026 het agt van Hoërskool Linden se landloopatlete aan die Randburg Cluster se uitdunronde by Vorentoe High School deelgeneem, met die doel om vir die D10-kampioenskap te kwalifiseer.

Met trots kan ons aankondig dat ses van ons agt atlete onder die top ses in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig het en sodoende deurgedring het na die D10 Kampioenskap.

Spesiale gelukwensing aan:

  • Elmi Wolff – 1ste, o.15 Dogters
  • Mia van der Poel – 1ste, o.16 Dogters
  • Mea de Villiers – 2de, o.14 Dogters
  • Ilan van Heerden – 3de, o.15 Seuns
  • Mianke Slabbert – 3de, o.15 Dogters

Baie geluk aan al ons atlete wat met ywer en vasberadenheid deelgeneem het. Ons wens ons ses kwalifiseerders alle sterkte toe vir die D10 Kampioenskap op 29 Augustus 2026 – gaan wys wat die Linden-gees beteken!

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article