SANSSU British Junior International - Bothaville Hoërskool
SANSSU British Junior International – Bothaville Hoërskool

SANSSU British Junior International – Bothaville Hoërskool


SANSSU British Junior International. Bothaville Hoërskool vier Mia se skitterende prestasie! 🎯

Die naweek het Mia van der Walt aan die Top 80 BJI (British Junior International) finale proewe in Vryheid deelgeneem – en sy het met uitmuntende resultate geskitter.

🌟 Oor twee dae het Mia ’n indrukwekkende totaal van 1475 uit 1600 aangeteken. 🌟 Sy eindig 2de algeheel in die Sporter-afdeling op ’n uittel, met dieselfde totaal as die wenner. 🌟 Sy behaal 3de plek in die 10m (staan) én 3de plek in die 3P (lê, staan en kniel) kompetisie.

Hierdie prestasies het Mia haar SANSSU-kleure (SA Skole) besorg, saam met ’n silwer meriete-erkenning. As kroon op haar harde werk is sy ingesluit in die toerspan wat later vanjaar Bisley, Engeland, gaan verteenwoordig tydens die .

Bothaville Hoërskool is ongelooflik trots op jou, Mia – jou toewyding, talent en deursettingsvermoë inspireer ons almal.

Welgedaan, Mia!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

bhs@schoolink.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article