SA XCC & XCO Fietsryreeks - Hoërskool Witteberg presteer
SA XCC & XCO Fietsryreeks – Hoërskool Witteberg presteer

SA XCC & XCO Fietsryreeks – Hoërskool Witteberg presteer


SA XCC & XCO Fietsryreeks. Hoërskool Witteberg-fietsryers skitter op nasionale verhoog by SA XCC & XCO #2.

Inge van Heerden en Pedri Grobler van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het op 14 en 15 Junie aan die tweede rondte van die SA XCC & XCO fietsryreeks deelgeneem wat by Cascades in Pietermaritzburg plaasgevind het.

Inge het uitstekend gevaar deur ’n tweede plek in die XCC-afdeling en ’n derde plek in die XCO-afdeling in die “Youth Women”-kategorie los te ry.

Pedri het kranig deelgeneem en ’n 15de plek in die XCC en ’n 19de plek in die XCO in die “Youth Men”-kategorie behaal.

Hoërskool Witteberg is trots op hierdie twee sportsterre wat hulself op nasionale vlak onderskei het!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article