Vrystaat Fietsry. Gedurende die Vrystaat Fietsry-prysuitdeling, Saterdag, 26 Oktober, is Hoërskool Witteberg se fietsryers vereer vir hul prestasies gedurende die jaar. Die Witteberg-span het ’n trofee ontvang vir die Beste Gemengde Skool in die provinsie vir die XCO-reeks en die 2de plek vir die XCM-reeks.

Inge van Heerden het spesiale toekennings ontvang tydens die prysuitdeling vir:

  • Beste junior meisie-bergfietsryer in haar afdeling
  • Beste algehele junior meisie-bergfietsryer
  • Sy het ook ’n trofee ontvang vir die 3de beste Sub-Junior meisie in XCO en XCC by die SA’s
  • Inge het ook Vrystaat-kleure ontvang in XCO, Marathon en Padfiets.

Franco van Heerden het sy Vrystaat-kleure ontvang in XCO en Marathon.

AW Burger en Franco van Heerden

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article