SA Toutrek – Landboudal Boere se jong toutrekkers het Robertson behoorlik laat kennis neem by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Uitslag van die SA Toutrek:

  • Die 520kg seunsspan het met vasberade krag en spanwerk ’n welverdiende bronsmedalje huis toe gebring.
  • Die 480kg dogtersspan het die tou met flair en vasbyt getrek en goud in die plaat-afdeling verower Dit is ’n prestasie wat die hele Landboudal Boere gemeenskap laat glimlag van trots .
SA Toutrek - Landboudal Boere blink uit

Hierdie oorwinnings is ’n bewys van harde oefening, spanpoging en die ware Landboudal Boere-gees. Baie geluk aan elkeen wat sy gewig ingesit het.

Julle het voorwaar geskiedenis gemaak!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://landboudal.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article