SA Skole Atletiek Kampioenskappe. Hoërskool Fichardtpark, van Bloemfontein, se atlete het nie minder nie as nege medaljes op die SA Skole Atletiek kampioenskappe verower.

Die volgende atlete van Fichies het geskitter:

  • Cilethe Julies het ‘n goue medalje verwerf in die hamergooi met ‘n afstand van 53,57m.
  • Lize Ackerman kom huistoe met twee medaljes. ‘n Brons medalje vir dogters o/17 in die 400m met ‘n tyd van 55,97 s. Lize was ook lid van die dogters o/17 medley span wat ‘n silwer medalje verower het.
  • Amy Jacobs behaal ‘n silwer medalje in hamergooi vir dogters o/19 met 47,87m.
  • Ruan Kriel behaal ‘n silwer medalje in hamergooi vir seuns o/15 met 51,73m.
  • Judy Watson behaal ‘n silwer medalje in diskus vir dogters o/15 met 44,57m.
  • Jaco Grobbelaar behaal ‘n silwer medalje in hamergooi vir seuns o/17 met 63,83m.
  • Tiaan Pretorius behaal ‘n brons medalje in hamergooi vir seuns o/17 met 63,61m.
  • Alwyn Olivier behaal ‘n brons medalje as lid van die medley seuns o/15 span.
Foto: Judy Watson, Lize Ackerman, mnr Frans Ackerman (Beheerliggaamverteenwoordiger: Sport), Cilethe Julies
Vlnr: Lize Ackerman, Ruan Kriel, Judy Watson
Foto links: middel: Alwyn Olivier, Foto regs: Amy Jacobs

#fichietrots#fichieatletiek#voorkeurskool#onsistrots

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://fpark.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article