SA Plattelandse Muurbaltoernooi - Hoërskool Langenhoven
SA Plattelandse Muurbaltoernooi – Hoërskool Langenhoven

SA Plattelandse Muurbaltoernooi – Hoërskool Langenhoven


SA Plattelandse Muurbaltoernooi. Hoërskool Langenhoven, Riversdal, se muurbalspelers het vanaf 25 tot 28 April, te Bloemfontein, aan die SA Plattelandse-muurbaltoernooi deelgeneem en puik presteer.

  • Pierre Marais, ‘n graad 9-leerder, wen al sewe van sy wedstryde. Sy seuns O/16-Edenspan wen ook hulle afdeling.
  • Emma Gildenhuys, ‘n graad 8-leerder, wen sewe van haar agt wedstryde. Haar Edenspan wen hulle afdeling. Emma word gekies as nommer een vir die dogters O/14 SACF-span.
  • Anze Gildenhuys, ‘n graad 10-leerder, wen twee van haar baie uitdagende ses wedstryde. Haar o/16-Edenspan is die wenners van hulle afdeling en Anze word gekies as nommer drie vir die dogters O/16 SACF-span.
  • Esteban D’Emiljo, ‘n graad 12-leerder, wen al agt sy wedstryde. Sy 0/19-Edenspan is wenners van hulle afdeling en Esteban word gekies as nommer een vir die seuns SACF-span in die B-liga.

Anze, Emma en Esteban word ook gekies om die SACF-spanne tydens die Interprovinsiale toernooie in die Junie-vakansie, te verteenwoordig. Emma neem in Oos-London deel, Anze in Pretoria en Esteban te Kaapstad.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://langenhovenhs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article