JEFFREYSBAAI – SA Nasionale Boogskietkampioenskap. Bergsig Akademie se boogskutters het gedurende die onlangse SA Nasionale Boogskietkampioenskap uitstekend presteer. Hulle het in Jeffreysbaai aan die AGA-SA Nasionale Boogskietkampioenskappe deelgeneem en hul skool met onderskeiding verteenwoordig.
Die Bergsig-span het sterk presteer en twee podiumplekke in die spanafdelings verower. Die skool het die tweede plek in die BE-kategorie behaal, terwyl die span ook derde geëindig het in die 2D-kategorie.





Verskeie Bergsig-skutters het boonop individuele eerbewyse ontvang. Wimpi Pavier het ’n silwermedalje in die Gr. 10-seunsafdeling gewen. Lienke Smit het die tweede plek in die Gr. 10-meisiesafdeling behaal. Anesia de Roer het ook met ’n tweede plek in die Gr. 12-meisiesafdeling uitgeblink.
Volgens die skool is die prestasies ’n bewys van die leerders se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë, asook die span se uitstekende samewerking deur die seisoen.
As verdere hoogtepunt van die kampioenskap het Bergsig Akademie vir die tweede agtereenvolgende jaar die gesogte Geesbeker gewen. Die toekenning beklemtoon die skool se sterk span- en sportgees, sowel op as langs die skietbaan.
Bergsig Akademie het al sy deelnemers gelukgewens vir hul toewyding en die wyse waarop hulle die skool se naam met trots uitgedra het.
https://www.bergsigacademy.net/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.