Sewe van Laerskool Rustenburg se beste boogskutters tree vandag, 29 September 2026, aan vir die Nasionale Boogskietkampioenskap in Jeffreysbaai. Hulle gaan Noordwes-provinsie verteenwoordig tydens die gesogte AGA-SA Nasionale Interprovinsiale Boogskietkampioenskap. Hierdie skuts gaan die pyl en boog opneem teen die mees uitstaande talent van regoor Suid-Afrika.
Al sewe Larrieskuts het hul plekke in twee verskillende provinsiale spanne losgeskiet. Dit getuig van maande se harde werk, toewyding en ontelbare ure op die oefenbaan. Die spanne is:
- Impala-span: Dean Venter en Rihard du Plessis is opgeneem in dié elite-span, wat uit die top 16 boogskutters in die hele Noordwes bestaan.
- Penkoppie-span: Heno Bossau, Marliné Cornelissen, Leonard Fourie, Jayden Johnson en Isabella Roos verteenwoordig die provinsie in hierdie span, wat die mees vooraanstaande laerskoolskuts van Noordwes byeenbring.

Die prestasie is die vrug van ‘n volle jaar se volgehoue deursettingsvermoë en fokus op die skietbaan. Die hele Laerskool Rustenburg-gemeenskap staan bankvas agter hul leerders en wens die skuts alle sterkte toe vir die kompetisie.
https://www.laerskoolrustenburg.co.za/
Foto voorsien







You must be logged in to post a comment.