Micayla van Niekerk gekies vir die netbal Presidentspan
Micayla van Niekerk in die netbal Presidentspan!

Micayla van Niekerk gekies vir die netbal Presidentspan


Pretoria – Hoërskool Montana vier met groot trots die uitstaande prestasie van Micayla van Niekerk. Sy was tydens die AVS Somerweek deel was van die o.15 Noord-Transvaal-Wes-netbalspan.

Die span het met vasberadenheid en talent ’n indrukwekkende 3de plek behaal – ’n prestasie wat hul toewyding en spanwerk bevestig. As hoogtepunt van die toernooi is Micayla ook gekies vir die Presidentspan, ’n besondere eer wat haar talent en harde werk beklemtoon.

Micayla se toewyding, passie en sportmanskap dien as inspirasie vir haar spanmaats en die hele Montana-gemeenskap. Die skool is baie trots op haar en sien uit na nog vele hoogtepunte op die netbalbaan.

https://www.hsmontana.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article