SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe - Hoërskool Punt
SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe – Hoërskool Punt

SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe – Hoërskool Punt se trots


SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe – Germiston.

Hoërskool Punt, Mosselbaai, is ongelooflik trots op hul uitmuntende groep atlete wat hierdie naweek in Germiston aan die SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe gaan deelneem!

Hierdie kampioenskappe bring die beste hoërskoolatlete van regoor Suid-Afrika bymekaar – en Punt is trots om sterk verteenwoordig te wees op nasionale vlak.

Punt se atlete:

  • Catherine-Lee Gouws – 400m H
  • Muhammed Kajee – 400m H
  • Dian Barnhuizen – 1500m
  • Ané Oosthuizen – 400m H / 400m
  • Ryan van Eck – Hamergooi
  • Edward Swanepoel – 400m H / 400m
  • Hanco Barnhuizen – 1500m
  • Alandi van Zyl – Driesprong / Verspring
  • Dian Steyn – Pentathlon
  • Kemilke van Zyl – 100m / Verspring
  • Jessie Botha – 3000m / 1500m

Hierdie leerders het hul plek verdien deur harde werk, dissipline en deursettingsvermoë. Hulle dra die naam van Hoërskool Punt met trots – en Punt weet julle gaan uitblink!

Sterkte met julle deelname – geniet elke oomblik en gee alles!

Punt staan bankvas agter julle!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article