Ruitersport. Met die Jaarlikse SANESA (South African National Schools Equestrian Association) Gauteng, Ekurhuleni Ruitersport Streeksprysuitdeling is daar behoorlik fees gevier deur die Kempieruiters.

Skoolliga prys:

Kempies behaal, vir die eerste keer in die geskiedenis van hul deelname aan die SANESA kompetisie, eerste plek in hul liga.

Victor Ludorum Ruiters:

Die volgende ruiters het die beste presteer in die skole-kategorie in verskillende dissiplines:

  • Sune Heyneke vir 𝘗𝘳𝘪𝘹 𝘊𝘢𝘱𝘳𝘪𝘭𝘭𝘪 – Vlak 3
  • Amory Venter vir Equitation – Vlak 2.

Gauteng Ekurhuleni Streekskleure:

Die volgende Kempies ontvang ook amptelike Gauteng Ekurhuleni Streekskleure:

  • Amory Venter (Vlak 1, 2 en 3)
  • Sune Heyneke (Vlak 1, 2 en 3)
  • Mianda de Wit (Vlak 2)
  • Alicia Heyneke (Vlak 1 en 2)
  • Megan van Heerden (Vlak 1)
Van links: Amory Venter, Sune Heyneke, Mianda de Wit, Alicia Heyneke, Megan van Heerden

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://kempies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article