Ruitersportspan - Wilgerivier se ruiters presteer Provinsiaal.
Stella van Niekerk en Joshlin Zaayman (Foto verskaf)

Ruitersportspan – Wilgerivier se ruiters presteer Provinsiaal


Ruitersportspan. Hoërskool Wilgerivier se Ruitersport-spn het uitsonderlik presteer met hul prestasies. Stella van Niekerk (gr. 8) en Joshlin Zaayman (gr. 11) is gekies vir die Provinsiale Ruitersportspan. Stella is gekies vir die Tshwane A-span in die 80 cm-Springklas. Joshlin het haar plek in die Gauteng B-span vir Dressuur Freestyle verower het.

Op 18 en 19 Julie gaan hulle Hoërskool Wilgerivier met trots verteenwoordig by die Kyalami Equestrian Park.

“Julle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp, en ons is ongelooflik trots op hierdie mylpale. Mag die kompetisie vir julle ’n onvergeetlike ervaring wees en mag sukses elke sprong en elke rit vergesel. “

https://hswilgers.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article