Rhino Week-rugbytoernooi - Kruinsig-leerling blink uit
Jiandro Meyer. (Foto verskaf).

Rhino Week-rugbytoernooi – Kruinsig-leerling blink uit


Rhino Week-rugbytoernooi. Laerskool Kruinsig in Kemptonpark kan met trots terugkyk op die prestasie van een van hul jong rugbytalente. Jiandro Meyer is ’n toegewyde Graad 6-leerling wat aan die Rhino Week-rugbytoernooi deelgeneem het. Hierdie rugbytoernooi is aangebied by die VUT Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark. Hy was deel van die Benoni Northerns Spartans o/12-span wat ‘n derde plek behaal het.

Jiandro se passie vir rugby is duidelik sigbaar in sy volgehoue toewyding. Hy woon elke oefensessie getrou by, werk hard aan sy spel en gee telkens sy beste op die veld. Sy insig in die spel en sy bereidwilligheid om voortdurend te leer, maak hom ’n waardevolle spanmaat. As ’n veelsydige speler het hy tydens die toernooi met trots as voorspeler uitgedraf en sy span met groot entoesiasme verteenwoordig.

Met sy deursettingsvermoë, dissipline en liefde vir die sport het Jiandro se spel deurgaans uitgestaan. Laerskool Kruinsig spreek hul trots uit oor hierdie merkwaardige prestasie en wens hom geluk met sy bydrae tot die Spartans se sukses.

https://laerskoolkruinsig.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article