RCFA Arts Awards. Potchefstroom Gimnasium se jong skopbokser, Ulrich van Tonder, het aan die RCFA Arts Awards deelgeneem. Tydens hierdie byeenkoms het hy sy merkwaardige talent en toewyding bevestig. Ulrich het ’n reeks uitstaande toekennings behaal. Sy dissipline en deursettingsvermoë is met vier gesogte titels bekroon:
- “Best Junior Male Semi Contact High Kicks
- Best Junior Male Series
- Best Male Fighter in South Africa – Victor Ludorum”
- Wenner van die Geesbeker
Nog ’n hoogtepunt was die erkenning van sy klub, Ice Team, wat as Best Club of the Year aangewys is.
Ulrich se harde werk en passie vir sy sport dien as ’n inspirasie vir sy skool en gemeenskap. Potchefstroom Gimnasium spreek sy trots en waardering uit vir hierdie besonderse prestasie wat nie net sy persoonlike toewyding weerspieël nie, maar ook die krag van spanpoging en sportgees.






