Primêre Meisieskool Oranje Eendjies dans vir SA in Swede
Oranje Eendjies dans vir SA in Swede, Niniqué Roestoff

Primêre Meisieskool Oranje Eendjies dans vir SA in Swede


Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein, kondig met trots aan dat drie van die skool se talentvolle Eendjies gekies is as deel van die Proteaspan wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die IDO Disco Danswêreldkampioenskap in Örebro, Swede.

Die kampioenskap vind plaas van 12 tot 15 September, waar Niniqué Roestoff, Denise Breytenbach en Roselynn van Niekerk in verskeie Disco-dissiplines gaan deelneem.

Hierdie prestasie is ’n bewys van hul toewyding, harde werk en passie vir dans. Ons skoolgemeenskap is ongelooflik trots op julle en wens julle krag, vreugde en sukses toe op die internasionale verhoog.

Dans julle harte uit meisies, geniet elke oomblik en maak Oranje trots!

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article