Pixley wennersdag - Hoërskool De Aar netbal wenners
Pixley Wennersdag. Hoërskool De Aar o.14A Netbalspan

Pixley wennersdag – Hoërskool De Aar netbal wenners


Pixley wennersdag. Hoërskool De Aar se netnalspanne het Woensdag, 1 Mei, aan die Pixley-Wennersdag op De Aar deelgeneem. Die eerste span het 2 uit 3 wedstryde gewen. Hulle wen teen Colesberg Gekombineerd en Prieska, maar verloor ongelukkig in die uitspele teen Hoërskool Douglas. Hulle eindig algeheel derde in Pixley.

Die 0.15A-span wen 2 uit 3 wedstryde. Hulle wen teen Gariep en Riverside, maar verloor ook ongelukkig in die uitspele teen Hoërskool Douglas. Hulle eindig ook algeheel derde in Pixley.

 Die 0.14A-span wen 5 uit 5 wedstryde tydens die Pixley wennersdag. Hulle wen teen Riverside, Victoria-Wes Gekombineerd, Colesberg, Gariep en  Douglas. Hulle is die wenners in hulle ouderdomsgroep. Hulle gaan 17 en 18 Mei aan die uitspele in Upington deelneem.

Hoërskool De Aar 1ste netbalspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsda.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article