Pixley Tennis Proewe – Op Saterdag, 1 November, het Hoërskool De Aar se talentvolle tennisspelers hul krag en vaardigheid ten toon gestel. Hulle het deelgeneem aan die jaarlikse Pixley tennis proewe in Hopetown. Die kompetisie was sterk, maar Hoërskool De Aar se spelers het hul staal gewys en met trots hul skool verteenwoordig.

Na ’n dag vol opwindende wedstryde is die volgende spelers gekies om deel te vorm van die Pixley-tennisspan.

Die volgende sewe tennisspelers is gekies om in Desember aan die Noord-Kaap-tennisproewe te gaan deelneem:

Seuns o.15

  • Handré Fourie

Seuns o.19

  • JP van der Westhuizen
  • Adriano de Carvalho
  • Marco de Carvalho

Dogters o.15

  • Abijah Greyling

Dogters o.19

  • Christine Bester
  • Johandré Barkhuizen

Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers! Julle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.

Hoërskool De Aar is trots op julle.

Sterkte met die Noord-Kaap-proewe, ons hou duim vas!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsda.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article