Danie Conradie, ’n matriekleerder by Paul Roos Gimnasium, behaal in Oktober 2020, ten spyte van die grendeltyd, 92% vir die graad 8-UNISA klaviereksamen.

UNISA nooi jaarliks ongeveer 12 toppresteerders in die graad 8-kategorie na ’n nasionale beurskompetisie, 2020 South African Music Scholarship Competition, in Pretoria.`n Vorige Paul Roos-leerder wat hieraan deelgeneem het, was David Wolfswinkel (oudskolier van 2015 – klarinet). Danie Conradie is reeds vanaf 2016 ’n leerder van Ronella van Rensburg van die ScoreS2Duo Privaat Musiekstudio, Stellenbosch en hy ontvang ook gedurende die grendeltyd ’n aanlynmeesterklas by dr Liezl-Maret Jacobs.

Danie  beklee ook tans die derde akademiese klasposisie met ‘n gemiddeld van 92,1%. Hy bespeel ook die altviool in die Paul Roos Gimnasium aanlynmusiekproduksie met ’n baie gepaste feesseisoentema, Splendidior 2020. Kaartjies is tans beskikbaar by Webtickets.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article