O.15A Krieket. Hoërskool Swartland se o/15A-krieketspan het Dinsdagmiddag, 30 Januarie, na Moorreesburg gereis om teen Hoërskool Dirkie Uys ‘n T20 wedstryd te speel.

Swartland het eerste veldwerk gedoen en beperk die tuisspan tot 29 lopies. Hugo Jurgens en Damian Starkey het baie goed geboul en het elk 3 paaltjies geneem.

Swartland het tydens hul kolfbeurt slegs 5 boulbeurte benodig om die wen-telling van 30 lopies aan te teken.

Hoërskool Swartland wen die wedstryd met 10 paaltjies!

Foto: Hugo Jurgens en Damian Starkey

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://swartlandhs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article