NWU Top 30 atletiekbyeenkoms - Hoër Meisieskool Oranje
NWU Top 30 atletiekbyeenkoms – Hoër Meisieskool Oranje

NWU Top 30 atletiekbyeenkoms – Hoër Meisieskool Oranje


NWU Top 30 atletiekbyeenkoms – Hoër Meisieskool Oranje se atlete het uitgeblink by die gesogte NWU Top 30-atletiekbyeenkoms!

Oranje het hul merk gemaak en ’n indrukwekkende tiende plek behaal uit 23 deelnemende skole. Die span het nie net hul staal gewys nie, maar ook ’n klomp medaljes huis toe gebring, insluitend ’n byeenkomsrekord!

Goud vir Oranje:

Die volgende atlete het Goud gewen by die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms:

  • Jumarie MatthewsDriesprong (o.15) – 10.66 m
  • Danyelle Pienaar400 m-hekkies (o.17) – 61.81 s
  • Karla KockGewigstoot (o.15) – 15.14 m
  • Rumé Burger100 m (o.17) – 11.60 s – Nuwe byeenkomsrekord!
  • Rumé Burger200 m (o.17) – 23.95 s

Atlete wat Silwerprestasies behaal het:

  • Lilly Burger90 m-hekkies (o.15) – 13.44 s
  • Diné le Roux100 m-hekkies (o.19) – 14.65 s
  • Carli Üys, Roné Strydom, Rumé Burger, Danyelle Pienaar100 m-aflos (o.17) – 48.87 s

Bronsblink:

  • Jumarie MatthewsVerspring (o.15) – 4.95 m

Hierdie uitslae getuig van harde werk, toewyding en ’n passie vir atletiek. Oranje se atlete het nie net deelgeneem nie, hulle het uitgeblink!

NWU Top 30 atletiekbyeenkoms - Hoër Meisieskool Oranje
NWU Top 30 atletiekbyeenkoms - Hoër Meisieskool Oranje

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article