Noord-Kaap – Van 14 tot 18 Oktober het Hoërskool Upington se Uppie-atlete met trots aan die Wildeklawer NWU Top 30-atletiekbyeenkoms in Sasolburg deelgeneem.

Teen van die land se sterkste kompetisie het die Uppies-span waardevolle ervaring opgedoen. Die span het boonop verskeie top 10-plekke verower – ’n bewys van hul talent, vasbyt en toewyding.

Die skool is baie trots op elke Uppie-atleet wat die skool se kleure met soveel passie en trots verteenwoordig het. ’n Spesiale woord van dank aan Mia Lonté (LON) en Tshepang Ratsatsi (LSU). Hulle was ook deel van die Uppie-span – “dit was ’n voorreg om julle by ons te hê!”

Die byeenkoms het nie net prestasies opgelewer nie, maar ook mooi herinneringe, waardevolle ervaring en ’n oorvloed Uppie-trots wat die span saam teruggebring het.

https://uppies.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article