Noordwes Gemengdeliga-finaal - Tokkies gekroon as kampioene.
Tokkies Noordwes Tennis Kampioene. (Foto verskaf)

Noordwes Gemengdeliga-finaal – Tokkies gekroon as kampioene


Noordwes Gemengdeliga-finaal. Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se o.11A-seuns- en meisiespanne het Saterdag hul kragte op die tennisbaan gewys. Hulle het deelgeneem aan die Noordwes Gemengdeliga-finaal wat in Klerksdorp beslis is.

Tokkies het uiteindelik as Noordwes-kampioene uit die stryd getree. Dit was ’n dag van uitmuntende spel en onwrikbare deursettingsvermoë. Met voorbeeldige sportsmanskap het Laerskool Mooirivier die oorwinning behaal.

Die skoolgemeenskap is baie trots op elke speler wat sy of haar volle gewig ingegooi het.

“Elke punt is met harde werk verdien, ons span is ware ysters,” het die afrigters ná afloop van die finaal gesê.

Baie geluk aan die Tokkies met hierdie glansryke prestasie wat hul naam met trots in die provinsiale sportgeskiedenis vestig.

https://laerskoolmooirivier.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article