Hokkiespanne. Die hokkiespanne van Hoërskool Duineveld het die afgelope naweek sterk vertonings gelewer in Kimberley. Hulle het ligawedstryde teen Hoërskool Noord Kaap en vriendskaplike wedstryde teen Landboudal gespeel. Die jong spelers het met toewyding en spangees die Duineveld-kleure met trots verteenwoordig.
Uitslae van die naweek
- o.16B Meisies: Wen Landboudal 3–1
- o.16A Meisies: Wen Noord Kaap 1–0
- o.19A Seuns:
- Wen Noord-Kaap B 3–1
- Gelykop teen Noord Kaap A 1–1
- Oorwinnings teen Adamantia 9–0
- o.19A Meisies: Verloor teen Noord Kaap 0–1



Spangees en trots
Die skoolgemeenskap het sy waardering uitgespreek vir die spelers en afrigters se harde werk en deursettingsvermoë. Elke Veltie het met passie en vasberadenheid meegeding, wat die spanne se sukses en die skool se trots onderstreep.







You must be logged in to post a comment.