Dansers van Potchefstroom Gimnasium se Dansakademie, sowel as ander Gimmie-dansers, het gedurende die skoolvakansie aan die DASA Awards-danskompetisie in Pretoria deelgeneem. Hierdie toer was ekstra spesiaal, aangesien dit die eerste keer was dat die dansers saam getoer het. Hulle het nie net uitstekend presteer nie, maar ook mekaar met ongelooflike Gimmie-gees ondersteun. Die organiseerders het spesiaal melding gemaak van die span se kameraadskap en ondersteuning.
Onder leiding van G-Arté – Gimmies Kunste Ondersteunersklub, het die dansers met passie en toewyding hul talent op die verhoog gedeel.






Baie geluk aan elke danser, afrigter en ouer met hierdie besondere prestasies. Julle het Gimmies met trots met passie, toewyding en spangees verteenwoordig.
Foto’s verskaf




You must be logged in to post a comment.