Noord-Vrystaat Atletiekbyeenkoms – Primêre Skool Naudeville se jong atlete het hul krag en talent gewys by die Noord-Vrystaat Atletiekbyeenkoms.

Die atlete wat die medaljes behoorlik laat blink het was:

  • Dean Louw (o/12) het sy volle gewig ingegooi en ’n silwer medalje verower in gewigstoot.
  • Dawie Viljoen (o/13) was ’n ware kampioen met ’n goue medalje in gewigstoot én ’n silwer medalje in diskus.
  • Amohelang Kolobi (o/12) het met flair gespring en ’n silwer medalje in verspring gewen.

Hierdie drie talentvolle atlete gaan nou hul skool se naam hoog hou by die Vrystaat Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 7 Maart in Sasolburg plaasvind.

Naudies is baie trots op julle, en weet julle kan!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://naudies.co.za

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article